[caption id="attachment_85882" align="alignnone" width="620"](Foto: Herman Verwey/Media24/Sapa) (Foto: Herman Verwey/Media24/Sapa)[/caption]

Die aanklaer, adv. Gerrie Nel, het Petrus van Zyl in die hooggeregshof in Pretoria ondervra nadat hy Maandag getuig het Oscar het sy eie geld vir liefdadigheid aangewend.

Hy het gesê Oscar is gevra om mense by ’n geleentheid toe te spreek en die organiseerders het gesê hulle sou R20 000 skenk aan die liefdadigheidsorganisasie van sy keuse.

Petrus het verduidelik dat hy telefonies aan hulle gesê het Oscar stem in om by die geleentheid te praat, maar hy wou hê die geld moet geskenk word. “Dit is geld wat mnr. Pistorius verdien het en hy het dit geskenk,” het hy gesê. “Daar is ander gevalle waar mnr. Pistorius sy eie fondse beskikbaar gestel het.”

Gerrie het hom gevra wat hy bedoel met “eie fondse”.

“Dit is wat jy bedoel met eie fondse; dit is nie dat hy sy eie spaargeld gebruik het nie?”

Terwyl Gerrie Petrus ondervra het, het Oscar se sielkundige, Lore Hartzenberg, kopskuddend langs Oscar se suster, Aimée, en hul oom Arnold Pistorius gesit.

Die hof het gehoor dat Petrus se ander kliënte ook liefdadigheidswerk doen en dat dit normaal is vir glansmense en atlete om met liefdadigheidsorganisasies saam te werk. Hy sê hy het in die verlede Oscar se liefdadigheidswerk met sake gekombineer. “Ek het die geleentheid gesien waar en liefdadigheidswerk en sake kon kombineer word en het vir mnr. Pistorius ’n gestruktureerde plan ontwikkel,” het Petrus gesê.

Oscar is op 12 September strafbare manslag skuldig bevind nadat hy sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, doodgeskiet het.

Oscar het aangevoer hy het gedink daar is ’n inbreker in sy toilet toe hy op Valentynsdag verlede jaar vier skote deur die deur afgevuur en Reeva getref. Die staat voer aan hy het haar tydens ’n rusie doodgeskiet.

Regt. Thokozile Masipa het hom skuldig bevind van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. Hy het sy vriend Darren Fresco se Glock-pistool in Januarie verlede jaar by die restaurant Tashas in Melrose Arch, Johannesburg, afgevuur.

- Sapa