Gerard Butler plaas glo ys in sy onderbroek wanneer hy moet afkoel op die stel van sy nuwe fliek, Olympus Has Fallen.

Volgens dié Hollywood-hartebreker het dit soms ondraaglik warm geword op die stel in Louisiana.

“Ek moes kreatief raak en het besef dit is die vinnigste en beste om my liggaamstemperatuur te verlaag,” verduidelik Gerard waarom hy hom in dié ysige posisie plaas.

“Dit het sekerlik nadele, maar dit werk vinnig. Plus, as ’n ekstra bonus, is jy sommer heel gefokus en wakker,” vertel die akteur met ’n groot glimlag.

-Bang Showbizz