Diana is in 1997 in ’n motorongeluk dood.

’n Vriend het aan die tydskrif People gesê: “Dit sal ’n presiese herhaling wees van hoe William en Harry grootgemaak is, danksy hul ma.

“Hoe sy ook al uitgebeeld word, haar seuns is haar grootste nalatenskap: die manier waarop hulle grootgemaak is, die manier hoe sy hulle geleer het om oor hulself te dink en om ’n normale lewe te lei.”

Graham Butland, uitvoerende hoof van East Anglia Children’s Hospices, ’n liefdadigheidsorganisasie waarby Catherine betrokke is, meen ook die hertogin het ’n natuurlike aanleg met kinders. Hy verwag nie sy sal verander wanneer sy haar en William se eerste kind grootmaak nie.

Hy het bygevoeg: “Daar is ’n bietjie van Diana se invloed. Sy het William en Harry heel anders grootgemaak as wat hul pa, prins Charles, grootgemaak is. Ek dink daar is ’n natuurlike ontwikkeling namate die koningsgesin aanpas en ander gewoontes aanleer.

“Ek dink nie Kate sal verander nie. Nadat ek haar met kinders sien omgaan en met hulle hoor praat het, meen ek sy is baie natuurlik. Sy het ’n slag met kinders.”