Prins George van Brittanje gaan dalk te sien wees in die jare lange sepie Coronation Street maak.

Die koninklike baba, wat op 22 Julie gebore is, gaan dalk saam met sy ouers, Kate en prins William, ’n vinnige verskyning op die gewilde gesinsepie maak. TV-base reken dis die ideale geleentheid om die program se nuwe stel in Salford bekend te stel.

John Whiston, die kreatiewe direkteur, het aan die koerant Daily Star gesê: “Ons wil hê die koninklike baba moet die nuwe straat inwy. Dit sal fantasties wees om Kate, William en George met ’n klein skêrtjie daar te hê.

“Die sepie het ’n lang historiese verbintenis met die koninklike familie, dus sal dit perfek wees om die jongste aankomeling op die stel te hê.”

Die geboorte van die derde troonopvolger is tot dusver nog nie op die program genoem nie omdat daar onsekerheid oor sy geboortedatum was. Hulle hoop om daarvoor te vergoed met ’n spesiale toneel met die baba.

John het verduidelik: “Ons het nie tyd gehad om die geboorte in die storielyn te plaas nie. Ons het dit met die herdenkingsjaar gedoen, maar ons het geweet wanneer dit sou gebeur.”

George se oupa prins Charles het in 2000 ’n vinnige verskyning gemaak ter viering van die program se 40ste herdenking.

Beeldmateriaal van sy ontmoeting met die saloneienares, Audrey Roberts (Sue Nicholls), was deel van die episode, en iets soortgelyk word dalk vir klein George beplan.