’n Man (51) van George is 37 keer lewenslange tronkstraf opgelê omdat hy sewe van sy dogter se maats verkrag het, het die polisie vandag gesê.

[caption id="attachment_120173" align="alignnone" width="600"]sdfsf Sy slagoffers was tussen 10 en 12 jaar oud. Foto: flickr.com/photos/juggernautco[/caption]

“Dit is sekerlik een van die swaarste strawwe tot nog toe,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie op George, gesê.

Die verkragter is Maandag in die streekhof in Thembalethu gevonnis.

Malcolm sê die pa is nog 10 jaar tronkstraf opgelê vir 30 klagtes wat met die skep van pornografie verband hou. Die man het sy dogter se maats met sterk verdowingsmiddels verdoof toe hulle daar oorslaap.

“Die man is beskuldig van 3 033 klagtes van verkragting en die besit van kinderpornografie,” sê hy.

Sy slagoffers was tussen 10 en 12 jaar oud toe die voorvalle tussen 2012 en 2014 plaasgevind het.

Malcolm sê die man is in Desember 2014 in hegtenis geneem.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Kyk watter sangeres verjaar vandag!

Só gaan dit deesdae met Ben en Jen

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Oefening douvoordag hou jou viets

Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland