William en Catherine het skool- en universiteitsvriende gevra om dié rol te vervul.

Hugh van Cutsem en Fergus Boyd, albei skoolvriende van William, en Emilia d’Erlanger, ’n vriendin van Catherine van Marlborough College, sal George se peetouers wees, berig The Telegraph. William se peetouers sluit in die koninklikes prinses Alexandra, die hertogin van Westminster en lord Romsey.

George word op 23 Oktober in die koninklike kapel by die St. James paleis gedoop. Ook dié seremonie volg nie tradisie nie; William is byvoorbeeld in die musiekkamer in Buckinghampaleis gedoop.