georgeclooney1

George Clooney het dalk al met ’n rits mooi vroue uitgegaan, maar hy het nog nie sy groot liefde ontmoet nie.

Die Gravity-akteur het onder meer onlangs met die voormalige stoeier Stacy Keibler uitgemaak en is al romanties aan die model Monika Jakisic verbind, maar beweer hy het nog nie sy groot romanse gevind nie.

Gevra wie die liefde van sy lewe was, het George aan die tydskrif W gesê: “Ek het haar nog nie ontmoet nie.”

Die 52-jarige ster, wat van 1989 tot 1993 met die aktrise Talia Balsam getroud was, het die klassieke Hollywood-sterre Audrey Hepburn en Grace Kelly as sy ideale vroue beskryf.

Hy het verduidelik: “As kind was ek op Audrey Hepburn verlief. Ek het Roman Holiday gekyk toe ek 11 was en gedink sy is die elegantste vrou wat ek nog gesien het. En ek het dolverlief op haar geraak.

“Ek was ook nog altyd dol oor Grace Kelly. Ek bedoel, toe sy in To Catch a Thief uit die water kom, het ek gedink dis die mooiste vrou wat ek nog gesien het.”

George sê waar hy ook al aan ’n rolprent werk, verlang hy nie huis toe nie, mits hy sy vriende om hom het.

Hy het gesê: “My huis is waar my vriende en familie is . . . Geen stad of plek is nie ’n huis nie as jou familie of vriende kan tyd maak om te kom kuier.

“Ek verlang vreeslik huis toe wanneer ek nie ’n manier kan kry om naby die mense te wees wat vreugde bring waar hulle ook al gaan nie.

“Bring ’n aand saam met my ouers deur en stry oor wie die mees bedorwe kind was (ek of my suster). Of my vriende wat my daarop wys hoe kwaai ek ’n sekere vlermuisreeks verwoes het.”