.

George Clooney is op soek na ’n liefdesnessie in die suide van Frankryk.

Die Hollywood-ster, wat verloof is aan die Britse prokureur Amal Alamuddin, het gevra eiendomsagente moet op die uitkyk wees na ’n ruim, nuwe woonplek aan die Mediterreense kus.

’n Bron het aan die New York Post gesê: “George het navraag gedoen by eiendomsagente in die suide van Frankryk. Hy soek spesifiek ’n huis langs die see.

“’n Agent het ’n huis gekry; dis net buite Saint-Tropez.”

Die Monuments Men-ster se Franse woning sal een van vele wees, onder meer ’n huis in Londen, waar Amal nou woon en ná hul troue gaan bly woon.

Die Britse hoofstad is berug vir sy onaangename weer; daarom is die huis in Frankryk nommerpas vir ’n blaaskans.

Die bron het bygevoeg: “Ek dink hy hoop die plekkie by die see is ’n welkome afwisseling vir die Londense weer.”

George besit ook huise in Los Angeles en Los Cabos in Mexiko, en het ’n villa aan die Comomeer in Italië.

George sou blykbaar by die huis in Italië afgehaak het, maar hy en Amal meen dit is te veel in die openbare oog. Hulle is op soek na ’n privater plek.