George Clooney het blykbaar besef hy wil graag ’n pa wees sedert hy sy toekomstige vrou ontmoet het. Die 53-jarige akteur het in April aan die Britse prokureur Amal Alamuddin verloof geraak en die twee trou binnekort.

Dit sal George se tweede huwelik wees – hy en die aktrise Talia Balsam was tussen 1989 en 1993 getroud, maar dié keer is anders om George graag pa wil word. “George sê hy is reg daarvoor – hy het gedink hy wil nooit kinders hê nie, maar nadat hy Amal ontmoet het, het hy besef hy is gereed vir ’n gesin,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Closer gesê. “Hy is so bly sy het in sy lewe gekom en hy wil hê sy moet die ma van sy kinders wees.”

Amal kom uit ‘n hegte familie en George is glo opgewonde oor wat die toekoms vir hulle en hul toekomstige kinders inhou. “Hy sê hy sien uitdaarna om sy eie kind vas te hou en hom of haar te sien grootword,” sê die bron. “Hy wil deel wees van iets wat groter as hyself is.”

Die Hollywood-hartebreker is openlik teenoor sy naastes en die res van die wêreld oor sy liefde vir Amal. Hy het selfs onlangs bevestig waar hy en sy verloofde gaan afhaak, en die troue gaan glo voor die einde van die maand plaasvind.

“Ek het my lieflike toekomstige bruid hier in Italië ontmoet, en ek sal oor ’n paar weke in Venesië van alle plekke met haar trou,” het hy by ’n onlangse liefdadigheidsgeleentheid in Italië gesê. “Amal, ek is   oneindig lief vir jou en kan nie wag om jou man te word nie.”

© Cover Media