Die sterre verskyn saam in die nuwe rolprent Money Monster nadat hulle voorheen aan Ocean’s Eleven en Ocean’s Twelve saamgewerk het. En George hou vol hul verhouding het gevorder tot veel meer as net kollegas wees.

“Ons het mekaar op Ocean’s ontmoet,” het hy aan die tydskrif People gesê. “Ons het mekaar nooit voorheen ontmoet nie. Mense het net gedink ons het.”

Van toe af het hul lewe verweef geraak. Julia het in die 55-jarige se huis aan die Como-meer in Italië gebly toe sy haar tweeling, Hazel en Phinnaeus (nou 11), verwag het.

Lees ook: Wat broei deesdae tussen Ben en Jen?

“Sy het al daardie monsters na die huis teruggebring toe hulle regte mense was en ons het baie pret met hulle gehad,” het George bygevoeg – ook met verwysing na Julia se agtjarige seun, Henry.

Hul vriendskap van 15 jaar het ook beteken George kon ’n band vorm met Julia se man, die kameraman Danny Moder, met wie sy in 2002 getroud is.

“Ek en Danny is goeie vriende en lief vir mekaar,” het George gesê. “Dit is pret dat dit regtig soos ’n familie is. Dit maak dit maklik. Dis regtig pret om te sê: ‘Haai, kom ons maak hierdie fliek saam.’ ”

Julia (48) voel ook so. Sy is dankbaar om die mede-Oscar-wenner in haar lewe te hê en bly om hom so gelukkig saam met sy vrou, Amal, te sien.

Lees ook: Eva Mendes en Ryan Gosling verstom die wêreld met verrassende nuus

“Wat hy sê is ons het net ons lewe nader aan mekaar geheg,” sê sy. “Al die mense wat in ons lewe kom; my man, my kinders, sy vrou. Ons het net aangehou om ons lewe nader aan mekaar te heg.”

Die twee het verlede week die Cannes-rolprentfees bygewoon om hul nuwe rolprent te bemark. En die tyd saam in Frankryk het hulle daaraan herinner hoe baie hulle van mekaar se geselskap hou.

“Wat ’n verligting ons is nie Hollywood-vriende nie,” het Julia gesê.

© Cover Media