Dié landgoed sal waarskynlik die plattelandse tuiste word van George se ouers, prins William en hertogin Catherine.

Kenners van ander polisie-eenhede word gewerf aangesien daar nie tans genoeg gewapende polisiemanne is om die week oue baba voltyds op te pas nie. William, Catherine en George sal waarskynlik in Anmer Hall woon, die 19de-eeuse huis op die landgoed van 20 000 acre.

’n Woordvoerder van Norfolk se polisiediens het aan The Sun gesê “interne en eksterne kandidate kan as gewapende beamptes gewerf word”.

Anmer Hall, wat slaapplek het vir 10 mense, sal ideaal wees as William, wat tot September nog ’n soek-en-reddingshelikopterloods vir die koninklike lugmag gaan wees, besluit om ’n ander militêre pos te aanvaar. Sy broer, prins Harry, is by die nabygeleë lugmageenheid in Suffolk gestasioneer.

Die nuwe gewapende offisiere sal nie net die prinsie oppas nie, hulle gaan ook ander pligte op die landgoed moet verrig.