Ons weet jy is lief vir jou kinders en waardeer die gebaar wanneer hulle vir jou ontbyt in die bed wil bring, maar daar is geen rede hoekom jy nie ook kan geniet wat op die spyskaart is nie. Hier is ’n paar heerlike kindervriendelike idees wat ons op Pinterest gekry het. Moet ook nie huiwer om dié artikel êrens te los waar jou maat dit ook kan sien nie!

Ontbyt-sundae

MOTHERS fruit sunday

Dit is vars, gesond en heerlik – ’n ontbyt-sundae is die perfekte manier om jou kinders te laat dink hulle bederf jou terwyl jy eintlik self besluit wat jy eet. Vul die yskas met jou gunstelingvrugte, -neute, -pap en -jogurt en laat die kleingoed dit in vrolike houers skep, op ’n skinkbord sit en jou in die bed bedien.

Klik hier vir nog inligting.

Mini-pannekoek

MOTHERS mini pancakes

Jou maat kan met min moeite hierdie pannekoekies maak en jou kinders kan jou gunstelingvrugte opsit. Sit ’n bietjie strooisuiker of stroop by as jy dinge lekker taai wil hê.

Klik hier vir nog inligting.

Maak dit voor die tyd

MOTHERS make ahead recipes

Oukei, jy sal nie heeltemal kan ontspan en jou maat en kinders al die werk laat doen nie. Vir hierdie een sal jy self vooraf die meeste van die werk moet doen. Die pluspunt is dat hulle net kan opskep en die kombuis gaan nie ’n ramp wees nie.

Klik hier vir nog resepte wat jy vooraf kan maak.

Lekker ontbytpizza

MOTHERS pizza

As die idee van ontbytpizza jou laat dink aan koue oorskiet, moet jy weer dink. Met hierdie heerlike gereg begin jy jou dag op die regte noot.

Klik hier vir die resep.

Eenvoud is die geheim

MOTHERS simplicity

Help hulle om dit eenvoudig te hou en meer fokus op jou pleks dat hulle hulle in die kombuis afsloof.

Klik hier vir ’n paar wonderlik eenvoudige idees.