Dit is amptelik: Donald Trump is die 45ste president van Amerika! Kyk hier hoe lê hy die eed af:

Lees ook: Wat jy móét weet oor Amerika se mees omstrede presidentsgesin nog Donald, geklee in ’n swart pak met ’n lang rooi das, het onder meer gesê hy wil Amerika se ekonomie hervestig, dat elke land die reg het om hulself eerste te stel en dat hy weer mag aan gewone mense wil gee.
"Ons sal ons grense terugbring. Ons sal ons welstand terugbring. Ons sal ons drome terugbring," het hy gesê. Die toespraak is agterna deur kommentators as "radikaal" beskryf en daar is genoem dat Donald - wat reeds tydens die aanloop tot die verkiesingsdag baie vurig was - nie doekies omgedraai het oor sy afkeur vir die stand van sake in Amerika nie.

Hy het ook gesê hy wil die mag "wegneem van Washington" en terug gee "vir die mense".

Sy vrou, Melania Trump, geklee in ’n statige ligblou jas, het haar man saam met hul seun en sy kinders uit sy vorige huwelik ondersteun. Ivanka, sy dogter, het ’n wit jas gedra.

Daar was minder mense as wat verwag is, maar dié wat die koue trotseer het, het by tye Donald opgewonde en luidkeels toegejuig. "Hierdie is julle oomblik. Dié oomblik behoort aan julle," het Donald aan die skare gesê. "Of jy swart is, wit is of bruin is." Donald het sy relatief kort toespraak - een Twitter-gebruiker meen dit was net 1432 woorde lank - afgesluit deur te sê: "Ons sal Amerika weer groot maak!" Bekende woorde wat hy natuurlik ook tydens sy presidensiële verkiesingsveldtog ingespan het.

Lees sy volledige toespraak hier.

Só is daar op Twitter oor sy toespraak gegons: