Die rappers se temalied vir die wettiging van gay huwelike, Same Love, het as agtergrondmusiek gedien terwyl die 33 huwelike, ook tussen etlike lesbiese, gemengde en gay paartjies, waargeneem is deur die aktrise Queen Latifah.

Die Grammys het gisteraand by die Staples Center in Los Angeles plaasgevind, en die paartjies is op die verhoog getroud terwyl Macklemore and Ryan Lewis hul treffer gesing het, berig die New York Daily News. Madonna het daarna haar treffer Open Your Heart gesing.

Kalifornië se regering het Queen Latifah tydelik gemagtig om die huwelike waar te neem.

Sy sê “dit maak nie saak of jy ’n gay of heteroseksuele of gemengde paartjies is nie; dit is iemand se lewe wat aan ’n ander toegewy word.

“Ek dink hulle is baie dapper. Hulle behoort vanaand gevier te word, want om jou troudag voor 100 miljoen mense te hê is nogal ernstig.”

Hier is die Grammy-wenners:

Album van die jaar:

Daft Punk, Random Access Memories

Opname van die jaar:

Daft Punk met Pharrell, Get Lucky

Liedjie van die jaar:

Lorde, Royals

Beste nuwe kunstenaar:

Macklemore & Ryan Lewis

Beste popalbum met lirieke:

Bruno Mars, Unorthodox Jukebox

Beste pop-enkelvertoning:

Lorde, Royals

Beste pop-groepvertoning:

Daft Punk met Pharrell, Get Lucky

Beste rock-liedjie:

Paul McCartney, Dave Grohl, Krist Novoselic en Pat Smear, Cut Me Some Slack

Beste rock-uitvoering:

Imagine Dragons, Radioactive

Beste country-album:

Kacey Musgraves, Same Trailer Different Park

Beste rap/vokale samewerking:

Jay Z met Justin Timberlake, Holy Grail

Beste Metal-opvoering:

Black Sabbath, God is Dead?

Beste alternatiewe album:

Vampire Weekend, Modern Vampires of the City

Beste album met dans-/elektroniese musiek:

Daft Punk, Random Access Memories

Beste R&B-opvoering:

Snarky Puppy met Lalah Hathaway, Something

Beste R&B-album:

Alicia Keys, Girl on Fire

Beste R&B-liedjie:

Justin Timberlake, Pusher Love Girl

Beste rap-uitvoering:

Macklemore & Ryan Lewis met Wanz, Thrift Shop

Beste rap-album:

Macklemore & Ryan Lewis, The Heist

Beste rap-liedjie:

Macklemore & Ryan Lewis, Thrift Shop

Beste dans-opname:

Zedd met Foxes, Clarity

Beste country-enkelvertoning:

Darius Rucker, Wagon Wheel

Bronne: New York Daily News; SAPA.