Omstanders het daarin geslaag om die hek van die seun te lig voor nooddienste omstreeks 14:00 op die toneel aangekom het, het ER24-woordvoerder Werner Vermaak gesê.

Paramedici op die toneel het die seun met ernstige kopwonde aangetref en hy het ook geen teken van lewe getoon nie.

Volgens Werner kon hulle niks vir die seun doen nie.

Hy het gesê die gemeenskap het vyandig teenoor die winkeleienaar opgetree nadat die kind dood verklaar is.

“Lede van die polisie het daarin geslaag om hulle te kalmeer en het die area afgesper,” het hy gesê.

Polisie ondersoek die saak.

Bron: News24