Huldeblyke stroom in vir 'n skoolseun aan Helpmekaar Kollege in Johannesburg wat vermoedelik hierdie week sy lewe geneem het.

[caption id="attachment_165549" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Jacques le Roux (16), wat 'n graad 10 leerder aan die skool was, het volgens berigte die afgelope Woensdag by sy ouerhuis in Johannesburg sy lewe geneem.

"Jy het reuse voetspore in die Helpmekaar-gemeenskap, jou vriende en jou familie se lewens getrap," het een persoon op Facebook geskryf terwyl 'n vriend bygevoeg het "ons wonder hoekom ons iemand so kosbaar soos jy verloor het".

Jacques se ma, Mardene, het hom as 'n "lieflingkind" beskryf en op Facebook gedeel dat Jacques se gedenkdiens komende Dinsdag plaasvind.

Huisgenoot het onlangs berig die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) het vroeër in Maart op een dag ses selfdoodpogings verhoed.

Leerders aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein het ook die laaste week berading ontvang nadat Jerry Goddard (15), ’n gr. 9-leerder, verlede week homself vermoedelik opgehang het.

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se 24-uur-noodnommer is 0800-567-567. ’n SMS kan ook gestuur word na 31393 om teruggeskakel te word.