Aanhangers van die pop-prinses Karlien van Jaarsveld is in die wolke nadat Karlien Sondagmiddag bekendgemaak het sy en die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach het onlangs getrou.

"Mag daar net voorspoed en guns in julle huwelik wees," het een aanhanger, Petro Groenewald, geskryf terwyl nog een bygevoeg het "Elkeen verdien ware liefde en om gelukkig te mag wees". Karlien het die nuus bekendgemaak deur 'n Instagram-foto met 'n paar spesiale oomblikke uit haar en Joe se troudag te deel.

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on
"Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê - moet nooit opgee op die liefde nie," het sy by die foto geskryf.
"Baie geluk aan jul albei! Mag julle jare se geluk en liefde saam beleef en mag jou glimlag altyd in jou oë wees" en "Jy laat 'n mens glo dat daar nog hoop is daar buite, maak nie saak wat 'n mens deurmaak nie. Daar is altyd 'n reënboog aan die einde van 'n tonnel," het nog twee aanhangers geskryf.

Karlien en Joe het in September 2016 bekendgemaak hulle is verloof.

"Dankie vir almal se gelukwens. Ons is baie happy" het Karlien haar aanhangers bedank.