Taylor Berry (14), Bella Inglese (13), Kyler Rumbelow (11) en Simonne Calitz (13) was almal oorstelp toe hulle Justin ontmoet.

“Ons het nie eintlik kans gekry om met hom te praat nie,” sê Simonne se ma, Faith Bruwer-Calitz. “Daar was oral lyfwagte en daar was ’n lang tou. Hulle neem jou in ’n enkel tou in. Hulle neem ’n foto van jou saam met Justin en dan moet jy aanbeweeg.”

“Maar ons het vinnig gegroet en hy het vir die meisies gevra hoe dit met hulle gaan. Hy was baie vriendelik en het nogal nederig gelyk.”

Daar was sowat 50 gelukkige aanhangers agter die verhoog wat die kans gekry het om hul held te ontmoet. En die meeste was “buite hulleself,” vertel Faith. Van die meisies het histeries gehuil, sê Faith, maar Taylor, Bella, Kyler was net oorweldig.

“Ek dink dit het eers gister ingesink dat hulle hom ontmoet het.”

- KIRSTIN BUICK