Barbie het 'n hele 56 jaar gelede haar debuut gemaak en sy haal nog steeds die Kersfees-wenslys van miljoene meisies oral in die wêreld.

Sedert haar bekendstelling op 9 Maart 1959, het Barbie 'n lang pad gekom, verskillende loopbane gevolg en haar voorkoms verander

Vyf feite oor die gewilde pop:

  1. Mattel, die speelgoedvervaardiger, beweer dat daar elke drie sekondes 'n Barbie-pop verkoop word. Dit maak van haar die gewildste pop ter wêreld.
  2. Barbie het reeds meer as 150 loopbane beoefen en meer as 40 nasionaliteite verteenwoordig.
  3. Barbie is slegs haar bynaam. Haar volle name is Barbara Millicent Roberts.
  4. Sedert 1992 was sy ses keer kandidaat as president. Sy het ongelukkig nie een keer gewen nie. Sy is egter in 1956 maan toe, vier jaar voor die eerste mens daar geland het.
  5. Die beste Barbie-pop-verkoper ooit was 1992 se Totally Hair-pop. Haar hare het tot op haar tone gehang.

-Petro-Anne Vlok

BRONNE: barbiemedia.com, mashable.com, huffingtonpost.com