Baie welkom in die wêreld, klein Daniël en Eliah! Die sangeres Karlien van Jaarsveld se tweeling is pas gebore. Haar ma en bestuurder, Ronel Brink, het die nuus op Twitter gedeel. “Hulle is perfek!!!!!!!! Dankie Abba Vader!!!!!!!”

Sy het vroeër getwiet sy sit by die teater se deur, terwyl die seuntjies se pa, Derick Hougaard, Karlien gaan ondersteun het. “Ek sit met ’n knop in my keel. Die Here se genade en goedheid is vir my te groot om te verstaan,” het Ronel getwiet.

Haar broer, Bobby van Jaarsveld, het hom vroeër uit Sodwana, waar hy saam met sy gesin vakansie hou, na die hospitaal gehaas.

- Loren Pienaar

[caption id="attachment_62992" align="aligncenter" width="403"]Die Liefling van Loftus in 'n anderste blou-uniform! Derick het hierdie foto van hom op Twitter gedeel. Die Liefling van Loftus in 'n anderste blou-uniform! Derick het hierdie foto van hom op Twitter gedeel.[/caption]