Die baasspeurder se roudiens vind vandag (Donderdag) om 11:00 by die Rosebank Union Church in Johannesburg plaas.

“Dit is nog baie moeilik vir ons,” het Elize Byleveld twee dae voor die roudiens aan Huisgenoot gesê.

“Ons vat dit maar dag vir dag.”

Piet het in Maart vanjaar gehoor hy is met fase vier longkanker gediagnoseer.

Met Huisgenoot se laaste onderhoud met hom in April het die kanker reeds na sy lewer, byniere en rugwerwels versprei.

Piet het na sowat ‘n week in die Life Wilgeheuwel Hospitaal in Roodepoort op 24 Mei sy stryd met die reeksmoordenaar verloor.

Volledige beriggewing oor die roudiens volg later vandag.