Die stralende Lynelle het onlangs met haar pelle onder meer in Kambodja en Viëtnam uitgespan en sy het haar omtrent gate uit geniet. 

Sy het eksotiese disse probeer – dink slange en skerpioene! – talle plekke besoek en tot ondergrondse tonnels verken in die Chi-distrik van die stad Ho Chi Minh in Viëtnam.

Lynelle het beslis rede om die lewe te vier. Sy het onlangs in ’n onderhoud met ons vertel hoe sy 10kg ligter as 18 maande gelede is en nou no.8-klere dra. Dit na sy vroeër in no.14-klere gepryk het.

Sy was ook nog nooit so fiks en gesond nie, het sy vertel. Oefening was ook haar terapie terwyl sy gesukkel het om haar ma, Christine, wat in 2015 oorlede is, se dood te verwerk.

Kyk hier hoe lekker sy oorsee uitgespan het.

Hulle het selfs groentee-sjokolade in Bangkok.

Green tea Kit Kat. Unicorns exist

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Lynelle is beslis dapper. Sy het ’n slang en skerpioen geëet en volgens haar proe dit soos hoender. As jy so sê, Lynelle!

After this picture, I ate them both ?????? #snake #scorpion #tasteslikechicken #butdry&crispy

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

By die tempel Angkor Wat in Kambodja.

Sunrise at Angkor Wat ????

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Spoedvraat! Sy’t ook vierwielmotorfiets gery.

Roadie ????

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

En kyk net hoe braaf is sy. Sy laat selfs ‘n spinnekop op haar loop in Phnom Penh in Kambodja.

En dié Viëtnamese drankie, Lynelle? 

Pick your poison. #beastlybooze

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Tyd vir mediteer…

Inner peace.

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

By die koninklike paleis in die hoofstad Phnom Penh in Kambodja.

"And we'll never be royals..." #palaceparty #pagoda #posh

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

“See, glimlagte en soutwater”, skryf sy by dié foto.

Sun, smiles & salt water

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Kyk so die verjaardagmeisie!

Feeling like the luckiest girl in the whole world. Thank you to my G Adventures family for the surprise ??????????

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

?????? #birthdaygirl

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on

Lynelle verken ’n netwerk ondergrondse tonnels in die Viëtnamese distrik Chi.

Down the rabbit hole... ??????

A post shared by Lynelle Kenned (@lynelle_kenned) on