[caption id="attachment_126153" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/Janine Habana Foto: Facebook/Janine Habana[/caption]

Janine het op Vadersdag 2014 die lewe geskenk aan Timothy Jacob.

Timothy word in Junie twee en as ons so na hierdie foto’s kyk reeds sy pa se ‘ewebeeld’. Dié klein mannetjie het duidelik sy pa se smaakvolle styl geërf. Lees ook: ‘Sy is so opgewonde!’: Supermodel verklap geslag van eersteling Pappa Bryan het oulike foto’s van hom en Timothy op Instagram gedeel waar die tweetjies eenderse klere dra. In een foto baljaar hulle in geel reënjasse en reënstewels op die strand.

A photo posted by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

In nog ’n foto poseer Timothy in ’n blou top en sonbrille, nes sy bekende pappa.

A photo posted by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Lees ook: So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter Toe hulle in ’n winkelsentrum rondloop, het Bryan en sy seun helder broekies en somerhempies aangetrek met bypassende hoedjies. Te oulik!

A photo posted by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Nou kan ons net wonder of hy eendag ook sy pa se rugbystewels gaan aantrek...

Ander stories op Huisgenoot.com:

Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Dis hoe jy swendelaars se Facebook-skelmstreke uitken

Hierdie is die een item wat jy MOET verseker maar nooit doen nie