Die 26-jarige Elton Jantjies het onlangs uitgevind hy word pa van ’n tweede seun. Hy en sy meisie, Iva Ristic (24) reis met hul eenjarige seun, EJ, die wêreld plat.

A photo posted by Iva Ristic® (@ivariss) on

Iva het ’n foto in die sosiale media gedeel waarop ’n duidelik trotse Elton haar babamagie vashou. “Ses maande swanger vandag,” sê sy. “Die gesin raak groter; ek is op die punt om bederf te raak met drie seuns,” vertel Iva.

A photo posted by Iva Ristic® (@ivariss) on

Die gesin het onlangs ’n maand deurgebring in Japan, waar Elton in die stad Ichikawa vir die klub NTT Shining Arcs uitdraf.

Tussenin toer hy saam met die Springbokspan.

Lees ook: Eben Etzebeth en sy meisie koer behoorlik oor mekaar terwyl hul om die wêreld reis

“Ek is altyd opgewonde om terug Japan toe te gaan – vir my is dit my huis weg van die huis af,” het hy vroeër aan Huisgenoot gesê.

A photo posted by Iva Ristic® (@ivariss) on

Klein EJ en Iva geniet Japan net so baie. “Wanneer ons nie op die veld is nie, bring ons soveel tyd moontlik as gesin deur – of dit nou inkopies of die besigtiging van besienswaardighede is. Daar is so baie om in en om die stad te doen.”

Baie geluk, julle twee!