Kelly Clarkson het foto’s op Twitter van haar pasgebore seun, Remington Alexander, gedeel.

“Ontmoet vir Remy, die jongste lid van ons gesin! #charmfordays #watchoutladies,” het Kelly Saterdag by die foto’s geskryf. Die sangeres en haar man, Brandon Blackstock, se tweede kind is 12 April gebore. In een foto hou Kelly haar seun vas en in nog een hou Brandon ’n glimlaggende Remy vas. Toe ’n skerpoogaanhanger ’n spelfout in haar twiet uitwys, het Kelly laat hoor: “Ha! Ja, ek het dae laas geslaap. Die snaaksste van als is dat ek daardie twiet vir verskeie ander mense gewys het en niemand het dit agtergekom nie! #smart.”

Lees ook: Kyk net watter Backstreet Boys-lid is die eerste keer pappa!

Kelly (33) is reeds ma vir haar 22 maande oue dogter River en stiefma vir Brandon se kinders, Savannah en Seth, uit ’n vorige huwelik.

Sy was verlede week vol lof vir haar gesin. “Ek het die koelste kinders, die mees behulpsame en liefdevolle familie en ek kan nie gelukkiger wees nie,” het sy op 16 April getwiet. “Ek is gevul met liefde. Ek wil hê almal moet dit ervaar.”

Kelly het voorheen gesê dis die laaste keer dat sy gaan swanger wees omdat dit nie ’n maklike pad vir haar was nie.

“Ons is klaar,” het die popster aan die KIIS FM-radiostasie in Australië gesê. “Ek kan nie weer swanger wees nie. Dis ons vierde kind in totaal en dis genoeg. Die eerste swangerskap was baie moeilik en ek het gesê: ‘Dit kan nie weer gebeur nie’ en die keer was nog erger.”

Kelly sê sy het gely aan hiperemese, 'n toestand wat lei tot erge naarheid, braking, gewigsverlies en ontwatering.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Aitsa! Kyk net wie’s terug in Baywatch (oukei, in die fliek)

‘Haar dood kom as ’n groot skok,’ sê Helen Zille ná bekende politikus sterf

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf

Eksklusief: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur