[caption id="attachment_147133" align="aligncenter" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]
Dié geliefde oud-speler het op sy Instagram-blad ’n foto gedeel van ’n mengeldrankie en geskerts dat hy die volgende vier weke daarvan gaan moet leef.

My etes vir volgende vier weke more gaan ek in vir kakebeen operasie

A photo posted by Toks Van Der Linde (@toks6902) on

By navrae het Toks aan Huisgenoot gesê die operasie is niks ernstig nie, maar dat hy liefs nie daaroor sal wil uitbrei nie.

Talle van sy aanhangers het hom sterkte toegewens met Donderdag se groot operasie.

"Spoedige herstel, ou grote" het een geskryf terwyl ’n ander bygevoeg het hy moet gou gesond word.

Sterkte, Toks!