Die 45-jarige Sandra het die reeks in 2014 verlaat nadat sy byna ’n dekade lank die rol van die uitgesproke dokter Cristina Yang vertolk het. Gerugte dat sy sou terugkeer na die fiktiewe Grey Sloan-Gedenkhospitaal in Seattle het rondgedwarrel sedert haar emosiebelaaide uittog twee jaar gelede.

Maar Sandra het egter diegene wat verantwoordelik was vir dié gerugte kortgeknip.

"Ek moet julle sê daai gerugte, ek weet nie wie hulle begin nie, maar dit is regtig moeilik,” het sy by die Internasionale Filmfees in Toronto aan Entertainment Tonight gesê. "Nee, ek het geen planne om binnekort na Grey’s Anatomy terug te keer nie,” het sy bevestig. Sandra het in April vanjaar geheimsinnig gereageer oor ’n moontlike terugkeer na die reeks wat al jare lank aan die gang is. "Ek hou van die feit dat daar gerugte is,” het sy aan die LA Times gesê. Bowendien was bewonderaars van Grey’s Anatomy buite hulleself van vreugde toe die aktrise in Junie met Kevin McKidd, haar voormalige eggenoot in die reeks, herenig is.

Sandra het selfs kommentaar gelewer oor sy karakter se nuwe TV-vrou, Caterina Scorsone. “Kyk net wie het mekaar gistraand ontmoet vir martini’s en skinder! Julle kan daarop wed dat ons Owen se onlangse huwelik met Amelia bespreek het!!!” was haar byskrif by die kiekie op Twitter.

"So baie liefde aan @caterinatweets Yay Canada. Maar hy’s Myyy Tv man!" het sy in die plasing geskerts.

© Cover Media