Die akteur David Arquette het vir die derde keer pa geword!

[caption id="attachment_163097" align="alignnone" width="600"]David Arquette en Christina McLarty. Foto: Cover David Arquette en Christina McLarty. Foto: Cover[/caption]

Die ster van Scream se vrou, Christina McLarty, het Woensdag die lewe geskenk aan Augustus Alexis Arquette, berig E! News.

Die baba se tweede naam is ’n huldeblyk aan David se oorlede suster, die transgender aktrise en aktivis Alexis Arquette wat verlede jaar oorlede is op 47. Augustus, wie se noemnaam Gus gaan wees, is die kleinboet van die tweejarige Charlie West, David en Christina se eersteling, en van David se 12-jarige dogter, Coco, uit sy huwelik met die aktrise Courteney Cox.  

David en Christina, wat in 2015 getroud is, het in Oktober hul tweede swangerskap in die sosiale media aangekondig.

“So ongelooflik geseën en geërd dat my vrou @christinaarquette ’n babaseun verwag!” het David op Instagram geskryf. “Dankie, Christina, en ek’s nederig dankbaar teenoor God vir hierdie ongelooflike geskenk! Charlie en Coco is so opgewonde en ek’s in die wolke!”

Hy het het ’n video saam met die boodskap gedeel van klein Charlie wat ’n sonogram soen en “haai” vir sy ongebore bababoetie sê.

Die babanuus het bekend geword enkele weke nadat David sy suster, Alexis, verloor en kort daarna op Twitter hulde aan haar gebring het.

“Dankie vir al jul liefde en mooi woorde oor Alexis,” het hy aan aanhangers gesê en bygevoeg: “My heldin vir altyd.”

Die aktrise het in die drie weke voor haar dood teen ’n bakteriële infeksie van die hart baklei; MIV is 29 jaar vantevore by haar gediagnoseer.

© Cover Media