Doris was een van daardie uitgelese groepie akteurs wat in feitlik ontelbare hoeveelheid flieks en TV-reekse verskyn het – selde in ’n hoofrol, maar altyd met ’n groot teenwoordigheid. Selfs dié wat nie haar naam herken nie, sal ophelder sodra hulle haar foto sien en dalk uitroep: “Maar dis mos . . .” Die kans is ook goed dat elkeen ’n ander herinnering of rol aan haar sal toedig, juis omdat sy so aktief was op die silwerdoek en kassie.

Haar mees onlangse rol en die een waarvoor sy waarskynlik die bekendste was, was dié van die bemoeisieke, hardkoppige matriarg Marie Barone in die sitkom Everybody Loves Raymond. Doris het die rol van 1996 tot 2005 met oorgawe vertolk. Sy is in totaal benoem vir 11 Emmy-pryse, waarvan sewe vir haar rol as Marie was. Doris ontvang haar Emmy in 2001 vir haar rol as Marie Barone.
So het die akteurs van Everybody Loves Raymond hulde aan Doris gebring:
Doris het ook al onder meer ’n Akteursgilde-prys ontvang.

A photo posted by Leah Remini (@leahremini) on

In 2013 het sy ’n uiters gesogte eerbewys vir akteurs ontvang: haar eie ster as deel van die Hollywood Walk of Fame.

A photo posted by Ciara Bogan (@boganciara) on

Doris se loopbaan het lank ná die gewone aftreeouderdom steeds voortgestoom. Haar laaste verskyning is saam met Eric Roberts en Margot Kidder as mev. Samantha Adams in die fliek The Red Maple Leaf (2016). Die aanhaling wat aan haar toegedig is, is dan heel gepas en tekenend van haar loopbaan en haar onkeerbare wil om so lank moontlik aan te hou werk en leer.

A photo posted by Jessica Digati (@jessicadigati) on

Nog lank voor Pierce Brosnan daarvan gedroom het om die sjarmante James Bond te word, was hy bekend as die glibberige Remington Steele; Dora as Mildred Krebs was sy katastrofiese ontvangsdame. Stephanie Zimbalist (as Laura Holt) was die brein van die speuragentskap en Pierce die rookskerm.

A photo posted by @steelesurf_kid on

Doris was ook bekend vir haar unieke sêgoed:

“Wees lief vir mense vir wie en wat hulle is; hulle is nie jy nie. Dis goed so, nè? Jy moet 73 jaar oud word voor jy dit besef.”

“Jy kan my ’n ouer vrou noem – ek gee nie om nie. Maar moet my asseblief nie oud noem nie, want ek is nie.”

“Wanneer ek sterf, sal daar ’n grafsteen wees wat lui: ‘Sy gee nie toe nie. Sy gee nie op nie. En sy aanvaar nooit nee as ’n antwoord nie.’”

“Ek leer altyd iets. Dis hoe ek is en dis hoe ek sal aanhou tot ek nie meer op hierdie planeet is nie.”

“My eerbewyse is lieflik; ek hou daarvan om hulle te wys.”

“Humor is noodsaaklik; dis belangriker as kos. Wanneer iemand sterf, het jy ’n keuse: Jy kan gaan lê of weer tot die lewe terugkeer. Doen iets vir iemand anders.”

Doris het in 158 flieks en TV-reekse verskyn. Hier is ’n paar van die bekender titels:

1. Touched

2. Phineas and Ferb the Movie

3. Hot in Cleveland

4. The Middle

5. Desperate Housewives

6. Law & Order: Criminal Intent

7. Lizzie McGuire

8. Touched by an Angel

9. Walker, Texas Ranger

10. Murder, She Wrote

11. National Lampoon’s Christmas Vacation 12. Cagney & Lacey 13. Baretta

So is op Twitter hulde gebring aan Doris:

Bronne: imdb.com, wikipedia.org, latimes.com, desperatehousewives.wikia.com, broadwayworld.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?