Die akteurspaar Ben Affleck en Jennifer Garner het glo besluit om hul egskeiding te laat vaar.

[caption id="attachment_162926" align="aligncenter" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption] Sedert hulle uitmekaar is, is Ben en Jennifer talle kere saam gesien – hulle het gereeld saam met hul kinders uitgegaan en soms selfs net die twee van hulle.  

Nou het bronne na aan die twee aan die tydskrif People gesê hulle het besluit om die skeisaak te staak en eerder hul verhouding nog ’n kans te gee.

“Jen het die egskeiding gekanselleer,” het ’n bron na aan die aktrise aan die publikasie gesê. “Sy wil regtig sake met Ben uitpluis. Hulle probeer weer ’n keer.”

Maar ’n ander bron hou vol dit was ’n gesamentlike besluit om die huwelik nog ’n kans te gee en voeg by: “Daar is altyd ’n kans van versoening. Hulle is lief vir mekaar. Hulle is ook baie lief vir hul kinders en daardie kinders is lief vir hul ouers.” Ben en Jennifer het vriende gebly sedert hulle uitmekaar is en die Argo-ster het verlede Oktober gesê hy bewonder sy vervreemde vrou se vermoë om haar persoonlike en beroepslewe te balanseer.  

Met verwysing na Jennifer se verskyning by ’n byeenokoms waar sy die presidentskandidaat Hillary Clinton ondersteun het, het Ben aan die Amerikaanse nuusagentskap Extra gesê: “Sy’s in Reno. Besig om te doen waarin sy glo. Wat wonderlik is. (Ek) dink dit is wonderlik. En ek is baie beïndruk daarmee – met haar en met alles wat sy doen. Sy’s ‘n wonderlike ma en dis hoe dit is.”

Sy kommentaar het gekom nadat Jennifer tydens ’n onderhoud met die Amerikaanse televisieprogram Today in Augustus verlede jaar gesê het sy en Ben het daarin geslaag om hul verhouding te laat groei en is “goeie vriende” .

“Ons is beslis ’n moderne gesin. Ons vaar baie goed,” het sy gesê. “Ben het in Londen aan Justice League gewerk en ek het gevoel: ‘Wel, die kinders moet daardie ervaring hê’, en ek en hy is goeie vriende en ons het net almal saamgegaan . . . Ek wil hê hulle moet sien alles is in die haak.”

© Cover Media