Die geliefde Afrikaanse romanskrywer Ena Murray is vroeg Donderdagoggend in die ouderdom van 76 oorlede.

Ena het salig in die vroeë oggendure in haar bed in die Santos-Haven-aftreeoord op Mosselbaai gesterf.

  Netwerk24 berig dat die bestuurder van die aftreeoord, Steven de Kock, bevestig het dat Ena aan natuurlike oorsake beswyk het. “Dit was ’n rustige dood. Sy het geen pyn gehad nie,” het Steven gesê. Ena en haar man, Jacques, het in 1991 Mosselbaai toe verhuis. Hy is sowat vyf jaar gelede oorlede. Haar skrywersloopbaan strek oor meer as 55 jaar en sy het meer as 130 titels die lig laat sien. Sy word bestempel as die koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal. In haar laaste jare was omnibusse van haar werk steeds topverkopers.

Bron: Netwerk24