Die geliefde televisie-aanbieder en aktrise Eloise Cupido gaan ma word!

Eloise, wat kykNET se Ontbytsake op ’n Saterdagoggend aanbied, het Donderdag die goeie nuus in die sosiale media met haar aanhangers en vriende gedeel.

“Gelukkige Donderdag mense. Ek is eindelik gereed om my groot nuus te deel. Ek is swanger!” het sy op Facebook geskryf.

Sy het ook ’n foto van haarself op Instagram gedeel en geskryf sy is "baie opgewonde" oor die kleinding se koms is.

Eloise en haar man, Chris Wilkinson, het in Julie getrou.

Baie geluk, julle!