Maar praat van ‘n emmer yskoue water in haar gesig toe haar kêrel heel inskiklik is met die idee.

Sy het in ‘n WhatsApp-boodskap aan haar kêrel gesê dat sy nie meer sy meisie wil wees nie.

“Ek wil nie meer saam met jou wees nie. Ek is nie gelukkig nie,” het Hayleigh geskryf. Maar sy was die grap toe haar kêrel instem om op te breek – “Dankie tog jy sê dit eerste so ek hoef nie!”

Hayleigh het toe skermskote van die gesprek getwiet. Dit het meer as 7000 retweets en 6000 favourites gekry. Wel, my April Fool’s grappie het skeef geloop.

Gelukkig lyk dit of die kêrel nie regtig wou opbreek nie. Hy het besef haar boodskappe was bloot ’n grap en toe besluit hy om saam te speel.
Bronne: edinburgh.stv.tv, huffingtonpost.co.uk, mirror.co.uk