Ons deel die nuutste inligting soos bekend, hieronder:

Volgens IOL was daar twee Griekse priesters van Suid-Afrika aan boord van die gekaapte vliegtuig. Agt Britte en 10 Amerikaners was ook skynbaar aan boord.
Sewe mense, waaronder twee Britte, is glo nog aan boord.
Die kaper se naam is deur Egipte bekend gemaak.

Wat vroeër Dinsdagoggend plaasgevind het

Die kaptein van die Egiptiese vliegtuig het aan Egiptiese lugbeheer gesê sy vliegtuig is gekaap, het beamptes in die land se ministerie vir burgerlike lugvaart gesê.

Die beamptes, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het want hulle het nie toestemming om aan die media inligting te verskaf nie, sê die kaptein het lugverkeer beheer gekontak en aangedui kapers het geëis hy herlei die geskeduleerde Alexandrië-Egipte-vlug na Ciprus.

Die Airbus 320-vliegtuig het Dinsdagoggend vertrek. Ná opstyging het ’n individu aan boord bekend gemaak hy dra ’n gordel met plofstof, het AL Arabiya van Doebai berig.

 

 

Volg die gebeure regstreeks op Twitter:

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Verveeld en sonder Wi-Fi? Probeer dié versteekte Chrome-speletjie

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’

Vyf dinge waarvoor mense nie begroot nie omdat hulle vergeet