’n Man hik al twee jaar en daar is nie ’n geneesmiddel nie.

Daar is onlangs veelvuldige sklerose by Daniel Clavin (38) gediagnoseer en hy glo die gehik is ’n simptoom van die siekte.

Hy moet noodgedwonge in ’n ander vertrek as sy vrou slaap en is bekommerd hy sal weens dit toestand nie normaal kan eet nie.

Hy het aan die koerant Daily Mirror gesê: “Dit het my lewe oorgeneem en ek weet nie of ek ooit daarvan ontslae sal wees nie. Ek vermoed die siekte is die oorsaak van die gehik.

“Die Vereniging vir Veelvuldige Sklerose sê hulle het nog nooit gehoor van so iets nie, maar die siekte kan jou brein op verskillende maniere aantas.

“Ek hoor ek het ’n kwaai weergawe van die siekte en dit is tot dusver al simptoom; ek kan nie kla nie.

“Maar veelvuldige sklerose is ’n progressiewe siekte so ek weet nie of ek ooit daarvan genees gaan word nie.”

Daniel is chloorpromasien voorgeskryf en drink dit in ’n aan-af-patroon.