Sy word as die geheimsinnige “donker dame” beskryf en is deur Nasa se Curiosity Rover, die robot wat ’n krater op die planeet verken, afgeneem.

Volgens fanatici oor ruimtewesens is die foto bewyse dat “daar lewe daar buite is”.

“Dis moeilik om vas te stel of dit ’n lewende wese of ’n beeld van ’n wese van baie lank terug is,” berig UFO Sightings Daily.

“So ’n klein beeld sou egter maklik verweer en vernietig gewees het; daar is ’n groter kans dat dit ’n lewende wese is. En dit staar na die Mars-Rover... hou dit van ’n afstand af dop.”

Wat dit ook al is, ons moet erken, dit gee ons koue rillings.

Bronne: mirror.co.uk, ufosightingsdaily.com