’n Foto en boodskap van Christiaan Schussler het die afgelope paar dae soos ’n veldbrand op sosiale media en WhatsApp versprei.

“Ek artveteer myself vir oueruge vrouens wat nie n partner het vir vinksies nie. Inbox my vir kostes en bookings private sessies kan ook gereel word indien die vrou gewullig is,” (sic) is saam met ’n foto van die tegniese assistent van Johannesburg geskryf.

“Ek was by die werk en my vriende het dit as ’n grap bedoel,” het hy telefonies aan Huisgenoot bevestig. “Ek het my eers doodgeskrik, maar kon na die tyd lekker daaroor lag.”

Volgens Christiaan het hy baie boodskappe van ouer dames gekry. “Baie van hulle wou weet wat die kostes is en hoe meer ek sê dis ’n grap, hoe meer flankeer die tannies,” skerts hy.

“Een tannie het gevra of dit my plek of haar plek gaan wees en selfs nadat ek vir haar verduidelik het, het sy gesê ek moet meer open minded wees.”

Sy ouers het darem ook ’n sin vir humor. “My ma en pa het hulle doodgelag. Hulle weet mos ek sal nie so iets doen nie.”

  • Joshua Carstens