’n Jong pa van Pennsilvanië in die VSA het luidens berigte geknak en sy sewe weke oue seun se kop teen ’n muur gestamp. Tyler Duddy (25) is in hegtenis geneem nadat hy die baba, Callen, met ernstige kopbeserings hospitaal toe geneem het. CBS Pittsburgh het berig hy het moontlik permanente breinskade opgedoen.

Die pa gaan nou van ernstige aanranding aangekla word en dat hy ’n kind se welstand bedreig het.

Die pa, wat alleen toesig oor hom het, het klein Callen ná die voorval verlede maand in sy woonstel na die kinderhospitaal in Pittsburgh geneem.

Die ma van die baba is tans in die hospitaal weens ’n siekte wat nie bekendgemaak is nie.

Haar pa, Jimmy Keis, het aan CBS gesê: ?Ek dink Tyler het net eenvoudig breekpunt bereik en toe geknak.”

Callen is reeds uit die hospitaal ontslaan en in pleegsorg.

Bronne: themirror.co.uk; New York Daily News