beyonce-vegan-meal

Beyoncé en Jay-Z daag hulleself uit om 22 dae lank te hou by ’n vegan-dieet.

Jay-Z het onlangs op sy webtuiste aangekondig dat hy en Beyoncé van 3 Desember tot en met Kersdag op ’n vegan-dieet gaan.

Die bekende rapper en sy ewe bekende vrou het sy 44ste verjaardag met ’n vegan-middagete in ’n restaurant in Hollywood gevier omdat sy verjaardag op die tweede dag van hulle eetplan geval het.

Hy skerts met die uitdaging deur daarna as sy “plante-dieet” te verwys. Die paartjie het die uitdaging aanvaar nadat ’n goeie vriend hulle uitgedaag het om soggens ’n vegan-ontbyt te eet.

Jay-Z beskou die 22 dae as ’n simboliese uitdaging en skryf dat “die syfers wat betrokke is, 22 (2+2=4) toevallig en betekenisvol” saam met sy verjaardag val.

Tien bekende vegans:

Mike Tyson

Al Gore

Natalie Portman

Betty White

Ellen Degeneres

Portia de Rossi

Woody Harrelson

Kristen Bell

Dax Shepard

Russell Brand

Bron: DailyMail