Johannesburg -

Daar is ook geen plan om so ’n beleid in te stel nie, het Zizi Kodwa, nasionale ANC-woordvoerder in ’n verklaring gesê.

“Die department van binnelandse sake se huidige regulasies oor dubbele burgerskap sal bly staan. Ons wil Suid-Afrikaners verseker dat ons, ingevolge ons nasionale beleide, in lyn is met die algemeen aanvaarde praktyk van die meeste lande ter wêreld wat dubbele burgerskap erken,” het Zizi gesê.

Dit kom nadat Obed Bapela, voorsitter van die ANC se komitee oor internasionale betrekkinge, glo gevra het dat die beleid oor dubbele burgerskap hersien word.

Obed is in the Sunday Times aangehaal waar hy sy kommer uitspreek oor Suid-Afrikaanse burgers wat deel van die Israeliese weermag is.

Obed het Woensdag aan News24 gesê die party gaan die beleid volgende week op die nasionale algemene raad bespreek. ANC-leiers sal na verwagting volgende week met die Joodse Raad van Afgevaardigdes beraadslaag om hul kommer hieroor en ander sake rakende die Joodse gemeenskap te bespreek.

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het Donderdag gesê daar is “absoluut” geen planne om die Suid-Afrikaanse Burgerskapwet met betrekking tot dubbele burgerskap te hersien nie.

Bron: News24