Dié bewering is gemaak toe die Club des Chefs, wat bestaan uit diegene wat vir staatshoofde en politieke leiers kook, dié week in Londen vergader het.

Die koningin se hoofsjef, Mark Flanagan, het vir Rosaleen McBride, hoofsjef van die president van Ierland, vertel van sy werkgewer (88) se afkeer van skulpvis, maar nie onthul of sy bloot nie van die smaak hou nie of allergies is, berig die Times.

Rosaleen het ook aan die koerant gesê sy het gehoor Philip (93) drink al vir jare met middagete ’n bier.

Daar is voorheen beweer die monarg geniet elke dag voor middagete en ook voor slapenstyd ’n glasie Dubonnet-en-jenewer.

Special K-ontbytpap, konfyttoebroodjies en sjokoladekoek is van die koningin se geliefkoosde eetgoed, volgens haar voormalige persoonlike sjef.

Darren McGrady het voorheen die koningin se voorliefde vir onopgesmukte geregte onthul en gesê sy begin haar dag met ’n ligte ontbyt, gevolg deur middagete, namiddagtee en ’n eenvoudige aandete. Darjeeling-tee is haar voorkeur nie-alkoholiese drankie.