Paramedici het Dinsdag bevestig geen mynwerkers is ná ’n aardbewing op Orkney in Noordwes in myne naby die dorp vasgekeer nie.

ER24-werkers het aan die toneel onttrek nadat hulle na ’n myn gestuur is ná berigte dat mynwerkers in 11 mynskagte vasgekeer is, sê ER24-woordvoerder Luyanda Majija.

“Daar was geen vasgekeerdes nie. Die meeste mynwerkers in verskeie myne is al boontoe uitgebring,” het Luyanda gesê.

“Die meeste skagte is ontruim.”

Omstreeks halfdrie is net sterfgeval bevestig.

“ ’n 31-jarige man is dood aangetref op ’n ou myndorpie by Orkney, Noordwes,” sê Luyanda. “Hy het onder puin gelê.”

Die voorval het naby die middelpunt van die aardbewing gebeur wat die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskap op 5,5 op die Richter-skaal bepaal het.

Die Geologiese Opname van die Verenigde State het gesê dit was ’n aardbewing van 5,3.

- Sapa