'(Die) stelsel is onder baie druk, maar in hierdie stadium beplan ons geen kragonderbrekings nie.'

“Aangesien ons die noodreserwes die afgelope naweek weer kon aanvul, begin ons die week op ’n  goeie voet.”

Eskom het ’n beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit te bespaar.

Verbruikers word aangemoedig om warmwatersilinders, lugverkoelers, swembadpompe en nienoodsaaklike toestelle deur die dag af te skakel om druk op die stelsel te verminder en die noodsaaklikheid van toekomstige kragonderbrekings te beperk.

Die onlangse kragonderbrekings is die gevolg van die ineenstoring verlede maand van ’n steenkoolsilo by die Majuba-kragsentrale in Mpumalanga. Die silo het meer as 10 000 ton steenkool geberg. Die ineenstorting het die steenkoolvoorraad aan die ses eenhede in die kragsentrale negatief beïnvloed.

Instandhouding by die hidroëlektrisiteitsaanleg Cahora Bassa in Mosambiek het ook ’n invloed op die elektrisiteitsvoorraad gehad.