Kom die winter, kom die vraag ook elke jaar: ‘‘Gaan jy ’n griepinspuiting kry?’’

Die versigtiges gaan maar dokter toe; die res dink: Ag, vir wat? Maar wat ook al jou standpunt

– vanjaar is die besluit klaar vir jou geneem.

Jy kan nie meer dokter toe gaan om ’n inspuiting te kry nie, want daar is nie meer nie.

Die entstof is op – uit en gedaan.

Weens onder meer ’n wêreldwye tekort was daar vanjaar net 400 000 dosisse entstof vir dokters in die privaat sektor, teenoor 800 000 in vorige jare, en dis alles reeds opgebruik.

Wie nou nog dokter toe wou gaan vir sy inspuiting, kan dus maar laat staan. En vermoedelik is daar vanjaar juis meer mense wat in die inspuiting belangstel as tevore omdat dit ook teen varkgriep doeltreffend is.

Die staat het 1,3 miljoen dosisse entstof vir gebruik in sy hospitale en klinieke gekoop, maar dis ook alles reeds op.

Ook die deel van die 3,5 miljoen dosisse wat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aan die staat geskenk en reeds afgelewer het, is op.

En een van die dae kom die res van die wêreld hier aan vir die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi, en saam met hulle

bring hulle hul griepkieme en steek ons almal aan. Dis ’n situasie wat die departement van gesondheid “een van ons grootste nagmerries” noem.

Die res van die WGO se skunking kom vandeesmaand by die staat aan, maar moenie dink jy kan sommer by ’n staatshospitaal of kliniek gaan aanklop en jou inspuiting kry nie.

Die entstof word streng uitgedeel en net aan hoërisikogevalle.

En wat moet jy doen as jy tog bekommerd is oor jou gesondheid? Ons het by die kenners gaan kers opsteek in die Huisgenoot van 13 Mei 2010

Bespreek vir Skouspel!