Wanneer sy eers haar skouertjies so kromtrek, haar mond op ’n bitter prooi pruil en daai veraf kyk in haar oë kry, moet jy maar weet: Hier kom ’n ding!

Dis gewoonlik ’n verwytende relaas oor die bittere pýýýn, die ontsettende lýýýding en die ewige strýýýd wat sy as skoonma moet verduur.

Nee kyk, ’n erger skoonma as Ella Visagie kry jy nie sommer nie! Maar vra jy Marga van Rooy, wat dié bitterbek al 17 jaar vertolk, oor Ella uit, het sy net lof vir die vrou wat haar ’n “tweede loopbaan” gegee het.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.