’n Motorbestuurder wat homself verfilm het terwyl hy uit die passasiersitplek van ’n motor bestuur, is skuldig bevind aan roekelose bestuur.

The Standard berig die man, ’n Franse burger wat slegs as Eric P. bekendstaan, het ’n video-selfie geneem toe hy in Barcelona, Spanje, bestuur.

Aanvanklik lyk dit asof Eric ’n passasier is en hy vra kamma die bestuurder om die musiek in die motor sagter te stel. Dan draai hy die kamera na die bestuurdersitplek en kan jy sien hy is alleen in die motor.

Eric hou die stuurwiel met een hand vas en trap die petrolpedaal met sy linkervoet. Hy steek ’n lorrie verby en glimlag breed vir die kamera.

Nadat hy die video op Twitter gedeel het, het die Spaanse polisie ’n soektog na hom van stapel gestuur.

Kyk die video hier: