Wanneer jy ’n kind ’n boek geskenk gee, belê jy in hul toekoms. Goeie boeke kan oor en oor geniet word, maar hoe kies jy die regte een? Hier is ’n paar wonderlike voorstelle van die Nal’ibali-lees-vir-pret-veldtog.

Wanneer jy in ’n boekwinkel is en jy is omring deur honderde aanloklike boeke, hoe kies jy die een wat jou kind herhaaldelik gaan wil lees? Hierdie voorstelle kan jou ’n boek geskenk help koop en is ook van toepassing wanneer jy die biblioteek besoek.

Kyk na die rakke en uitstallings en kies ’n boek wat jou oog vang. As dit ’n foto-boek is, lees die hele boek. As dit ’n langer boek is, lees die eerste bladsy, een in die middel en een aan die einde. Dink dan oor dié vyf dinge na:

  1. As dit ’n fotoboek is, sal jy dit kan uitstaan as jou kind jou herhaaldelik vra om dit te lees?
  2. Kyk mooi na illustrasies as daar is. Het dit interessante detail wat ’n kind sou fassineer? Help dit die storie vertel?
  3. Wou jy aanhou lees? Indien wel, sal die kind waarskynlik ook wil aanhou lees.
  4. Gebruik die boek woorde so dat jy prente in jou kop skep en wil aanhou lees?
  5. Het die storie ’n slim of bevredigende slot?

Geleenthede waar jy ’n boek geskenk kan gee:

  • By die geboorte van ’n baba: Gee saam met vier vriende ’n boek vir die kind se eerste vyf lewensjare.
  • By verskillende mylpale in die kind se lewe: Help ’n kind voorberei op nuwe ervarings, soos skoolgaan, deur hulle ’n boek te gee oor die onderwerp.
  • By verjaardae: Boeke is wonderlike geskenke vir enige, maar jy kan ook ’n skoolbiblioteek help begin of uitbrei deur boeke op jou kind se verjaardag te skenk.
  • Vir aanmoediging: Gee die boek om te wys jy het opgelet hoe hard hulle iets probeer doen het. Dan kry hulle die ware beloning – tyd met jou terwyl julle die boek lees.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali Lees-vir-Pret-veldtog. Besoek hul webtuiste, vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees  vir jou kind of leesklub.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.