Hertogin Catherine gee prins Harry glo raad oor sy liefdeslewe.

Die 32-jarige skoonheid, wat as Kate Middleton bekendgestaan het voor sy met prins William getroud is, is nou so geheg aan haar swaer dat sy glo hom wenke gee oor hoe hy die gerugte oor sy romanse met Cressida Bonas moet te bowe kom.

’n Bron het aan die tydskrif Look gesê: “Kate weet maar alte goed hoe skadelik ongegronde berigte kan wees. Sy moedig hom aan om die wêreld te wys hulle staan nog sterk voor die storie aangroei.”

Dié nuus kom midde-in berigte dat die rooikop-koninklike saam met die blonde skoonheid wil gaan vakansie hou.

Hy mik glo na Ysland, waar hy verlede Augustus ’n hengel-uitstappie geniet het terwyl hy van die weermag se lugkorps verlof geneem het, voor ’n ski-blaaskans in Verbier, Switserland.

’n Bron het aan die Mail on Sunday gesê: “Harry was verlede jaar in Ysland en was dol daaroor.”

Harry se niggie prinses Eugenie het hom in Mei 2012 aan Cressida voorgestel en hulle het kort daarna begin uitgaan.