Deesdae is doekedinees, oftewel nappy parties, hoogmode.

Nes Mamma ’n ooievaarstee het waar sy met klere, speelgoed en ander geskenke vir haar komende baba bederf word, kry amper-pa’s deesdae ’n partytjie waar al die gaste doeke as geskenk gee.

Lees ook: Bobby van Jaarsveld in hospitaal

Die sanger en The Voice-aanbieder Bobby van Jaarsveld het die afgelope naweek sy eie doekedinee gehad en ’n hele rits doeke present gekry.

Sy en sy vrou, Annatjie, se dogter word na verwagting in Maart gebore. Hulle het reeds twee seuns, Sion (4) en Leben (3).

Nog ’n nuwe gier is doekekoeke – waar die babadoeke kreatief rangskik word om nes ’n koek te lyk.

[caption id="attachment_117335" align="alignnone" width="446"]Foto: Pinterest Foto: Pinterest[/caption]

Bobby moes self een van die doeke aantrek en ’n borslap, fopspeen en pienk kroon dra. Hy het onlangs aan Huisgenoot gesê die koms van sy dogter is beslis ’n hoogtepunt vir 2016.

Lees ook: Kyk: Pappa Derick Hougaard deel die oulikste foto’s van hom en sy seuns

“Ek het al by ander gehoor ’n dogtertjie verander die dinamika in die huis. Sy gaan beslis pa se dogtertjie wees. Die vroue regeer mos maar die huis,” het hy in ons 14 Januarie-uitgawe geskerts.

Gaan loer hier vir ’n oulike tutoriaal om jou eie doekekoek te maak.

Bronne: Instagram, Pinterest

Ander stories op huisgenoot.com:

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???