Jamie Oliver

Jamie Oliver se kookvernuf kan nou ook aanlyn gesien word, en hy laai wonderlike resepte op sy YouTube-kanaal. Hy het ’n wonderlike kook-saam-met-kinders-reeks waar hy resepte wys wat jy saam met jou kinders kan beproef.

Fit for a Feast

Dit is ’n Kanadese kanaal met kinderballetdansers en -gimnaste, maar dit sluit ook ’n kookprogram vir kinders in genaamd Cooking Recipes for Kids, Tweens and Teens. Op die kanaal is daar resepte vir smaaklike, gesonde peuselhappies vir jou kinders. Stap-vir-stap-instruksies maak dit maklik vir kinders en tieners om dié geregte self te berei.

Videojug Food and Drink

Videojug Food and Drink het ’n reeks kindervriendelike resepte en wys hoe jy groente op ’n kreatiewe manier by kinders se dieet kan inwerk.

Weelicious

Dié kanaal het video’s met gebruiksaanwysings en kookwenke vir ma’s. Hulle bied eksklusief resepte vir kinders aan. Hulle het vinnige en maklike resepte vir vars, tuisgemaakte babakos, asook interessante idees vir jou kind se kosblik.

Telmo and Tula

Telmo and Tula is ’n opvoedkundige animasiereeks wat kinders hul handwerk- en kookvaardigheid help ontwikkel. Die episodes bevat eenvoudige resepte vir kinders en ’n skoot humor van hul gunsteling geanimeerde sjefs.

- Gilda van Schalkwyk